OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die rolbalspan van die Oudtshoorn-infantersieskool, HCSC Health Centre South Coast, is na ses weke se spel as die algehele wenners van die Oudtshoorn-rolbalsakeliga gekroon.
Die gedugte Helende Woord-rolbalspan wat in Februarie seëvierend was, moes tevrede wees met die tweede plek op die punteleer.
Laerskool Wesbank was in die derde plek.
Een van die organiseerders, Jan van Niekerk, het dié toernooi as suksesvol bestempel en gesê dat goeie, harde en verantwoordelike rolbal ten opsigte van streng Covid-19-regulasies, gespeel is.
Die algehele wenners het met prysgeld van R1 000 wegstap. Die tweede prys was R800 en die derde prys R600.
Die volgende besigheidsliga begin op 10 Februarie 2021.
Van links is Gilbert Fila, Joanine Matthys, Rudi Venter (afrigter), Gert Nel en Romano Isaacs. Agter:Jan van Niekerk (president van Oudtshoorn-rolbalklub) en Jaco Vorster (voorsitter van die Oudtshoorn Sakekamer). Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'