Gallery
OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit se maand lange sportfees is vanjaar in samewerking met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport (DKS), die Oudtshoorn-sportraad en Eden-sportraad aangebied en al die organiseerders was dit eens dat dit 'n groot finansiële inspuiting vir dorp teweeg gebring het.
Vanjaar se fees het vanaf 24 Junie tot 13 Julie geduur en afgesien van monetêre waarde, was dit 'n reusesukses in terme van algehele bywoning, opwinding en sportkameraderie in geheel.
FOTOGALERY: Sportfees volop in Oudtshoorn
Die distriksbestuurder van DKS, Dirk van der Westhuizen, het ook tydens die bekendstelling van die sportfees bevestig dat die departement R50 000 vir die sportfees sowel as 'n addisionele R60 000 vir die landelike toernooi bewillig het.
Volgens die munisipaliteit se sportbeampte, Ian Laubscher, is die hoofdoel van die sportfees om Oudtshoorn as 'n voorkeur-sportbestemming in die Suid-en Wes-Kaap asook sporttoerisme en sosiale samewerking te bevorder.
Een van die hoogtepunte van die sportfees was beslis die internasionale skopbokstoernooi tussen Kanada en Suid-Afrika wat by die De Jager-sportterrein gehou is. Verskeie skopboksers van Oudtshoorn het ook hier hul staal gewys.
In die kontaktoets word een van Kanada se skopboksers bloedneus gepot.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’