OUDTSHOORN NUUS - Die afgelope naweek se Timbercity Eden-toutrekbyeenkoms wat verlede Saterdag by die Oudtshoorn Vaardigheidskool se sportterrein plaasgevind het, was die grootste ooit.
Volgens Gavin Block, skool-hoof van die Oudtshoorn Vaardigheidskool asook organiseerder van die toutrek-byeenkoms, het meer as 160 spanne van 22 skole van sover as Robertson vanjaar deelgeneem wat 'n bewys is dat die sportsoort teen 'n massiewe pas groei.
Timbercity is deur hulle borgskap, direk verantwoordelik vir die groei van toutrek.
Die dag is deur strawwe kompetisie tussen veral senior spanne soos Oakdale, Swellendam Sekondêr en die Oudtshoorn Vaardigheidskool gekenmerk. Wat die kleintjies betref, het Buffeljagsrivier en Suurbraak Primêr die toon aangegee.
Duisende toeskouers het die dag kom ondersteun wat weer deur die Oudtshoorn Vaardigheidskool georganiseer is.
Oakdale het in die 440 kg en 480 kg soos in vorige jare, weer oorheers en bly die span wat dopgehou moet word veral in die komende SA kampioenskappe.
Oakdale het in die 440 kg en 480 kg soos in vorige jare, weer oorheers en bly die span wat dopgehou moet word veral in die komende SA kampioenskappe wat vanaf 23 tot 25 Maart in Swellendam plaasvind.
Block het namens die Oudtshoorn Vaardigheidskool weer die plaaslike gemeenskap sowel as André van Greunen van Timbercity vir hul volgehoue betrokkenheid bedank.
Een van die Oudtshoorn Vaardigheidskool of die 'Valkies' soos hulle ook bekendstaan, se toutrek-spanne in aksie.
Laerskool Laurus toon hul staal.
Laerskool Wesbank was ook vanjaar in aksie. Foto's: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'