OUDTSHOORN SPORTNUUS - Ben Greeff (skopboks) en Ziyanda Ngohlekana (rugby) is verlede Vrydagaand as onderskeidelik sportman en sportvrou by die Groter Oudtshoorn Burgemeester Sporttoekenningsaand aangewys.
Hierdie spoggerige geleentheid is by die Oudtshoorn-banketsaal gehou. Beide Greeff en Ngohlekana kon weens sportverpligtinge nie die geleentheid bywoon nie.
Burgemeester Chris Macpherson het in sy toespraak al die verskeie sportkodes en hul afrigters geprys vir hul toewyding en gesê dat Oudtshoorn geweldig trots is op die atlete se bydrae op die sportveld om Oudtshoorn se naam hoog te hou.
Die gasspreker van die aand, Anton Moolman (Arende-hoofrugbyafrigter), het tydens sy spreekbeurt die belangrikheid van drome beklemtoon: "Sonder drome het jy nie doelwitte nie en as jy nie doelwitte het nie, het jy ook nie ambisie nie.
Sonder dit sal jy nie die wil hê om sukses te behaal in dit wat jy graag wil bereik nie. Dit is nooit te laat om jou drome te laat realiseer nie. Wees doelgerig en vier elke prestasie ongeag jy goud, silwer of brons verwerf of selfs net deelneem, want dit is jou eie sukses op die einde van die dag," het Moolman beklemtoon.
Brain Daniels, wat onlangs Kaapstad toe gestap het om geld vir die Rooikruis-kinderhospitaal in te samel, het die spesiale burgemeesterstoekenning ontvang.
Toekennings wat ontvang is:
- Van Reede trompoppies - Laerskole sportspan
- Ronald Presher - Laerskole sportafrigter
- Rogue Roelfse- Laerskole sportvrou van die jaar
- Fourie Delport - Laerskole sportman van die jaar
- Struises trompoppies - Hoërskole sportspan
- Meghan Presher - Hoërskole sportafrigter
- Sue-Deen Carelse - Hoërskool sportvrou
- John Slabbert - Hoërskool sportman
- Amy Baartman - Sportvrou met gestremdheid
- Lu-aan Lombaard - Sportman met gestremdheid
- Sarah-Jane Lewis - Junior sportvrou
- Anando Olivier - Junior sportman
- Sonja Schultz - Senior sportadministrateur
- Union Stars Cricket Klub - Senior sportspan
- Sergio Arries - Beste nuweling
- Ranger Grebe - Senior afrigter
Familielede het toekennings ontvang vir die volgende afgestorwe sportlui:
- Desmons Malgas (rugby)
- Hennie Konstabel (rugby)
- Levesto le Roux (sokker en krieket)
- Dr. Nolan Dreyer (gholf)
- Japhta Julies (rugby)
- Office Thys (rugby)
- Davis Piedt (rugby)
- Jackie September (rugby)
- Willy Mathews (krieket)
- Raymon Avontuur (krieket)
- Abraham Lewis (rugby)
- Johanna Claassen (netbal)
- Neville du Plessis (krieket)
- Seppie Ekstraal ( rugby)
- Johnny Classen (rugby)
- Merwyn Draai (rugby)
- Sudwell Thys (rugby)
- Patrick Wagenaar (gholf)
Anton Moolman was die gaspreker van die aand.
Ben Greeff. Foto: Verskaf
Brain Daniels (links) het die spesiale burgemeesterstoekenning van Chris Macpherson ontvang. Foto's: Wyndham Ewerts
Zee Ngohlekana. Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'