OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Grebe-skopboksklub wat onlangs in die Eden-span opgeneem is het die naweek van 12 en 15 Mei uitstekend gevaar by die nasionale SAKA-skopbokskampioenskappe wat vanjaar in Mosselbaai plaasgevind het.
Daar was meer as 400 inskrywings uit die nege provinsies van Suid-Afrika.
Uit die groep van Grebe-skopboksklub is daar agt nasionale kampioene gekroon. Vanuit die groep sal daar nou 'n span gekies word om aan die Afrika WAKO-spele in Augustus deel te neem asook aan die Wêreld WAKO-kampioenskappe in Oktober wat in Italië sal plaasvind.
Hier is groep uitslae:
- SA titels (11)
- SA kampioene (agt)
- Drie dubbele kampioene (vyf silver en een brons)
Deelnemers resultate:
- Dirk Harold Mostert - SA kampioen
- Logan Ellis - Bronsmedalje
- Simon Greeff - Dubbel SA kampioen
- Audan Olivier - SA kampioen
- Anando Olivier - SA kampioen en silwermedalje
- Divan Rademeyer - SA kampioen
- Maarten Krüger - Silwermedalje
- Wian Grebe – Silwer medalje
- Ben Greeff - SA kampioen
- Megan Grebe - Dubbel SA kampioen (Sy is ook opgeskuif na n hoër divisie waar sy 'n silwermedalje ontvang het.)
- Chaunique Bruce - Silwermedalje
- Ranger Grebe - Dubbel SA kampioen.
Lede van die Grebe-skopboksklub het onlangs uitstekend by die SA kampioenskappe gevaar. Foto verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'