OUDTSHOORN NUUS - Agt talentvolle atlete van Grebe's-skopboksklub het onlangs aan die SAKA nasionale skopboks-kampioenskappe in Newcastle, KwaZulu-Natal deelgeneem.
Die spoggeleentheid het sowat 700 van die land se topskopboksers gelok, met meer as 2 000 gevegte wat oor die naweek plaasgevind het.
Die plaaslike groep het uitstekend gevaar: elke atleet het minstens een afdeling gewen, met drie lede, Simon Greeff, Wian Grebe en Chaunique Bruce, wat elk as dubbel Suid-Afrikaanse kampioene gekroon is.
Die afrigter, Ranger Grebe, het die span met trots gelei en sê die uitslae is die vrug van toegewyde oefening en 'n passie vir die sport.
ie groep dra ook hul oorwinnings op aan God, wat hulle sê hulle krag en deursettingsvermoë gee.
Volgens Grebe word die Wes-Kaapse skopbokskampioenskappe op 3 en 4 Oktober vanjaar in Oudtshoorn aangebied, en die nasionale kampioenskappe van 25 tot 28 April 2026 ook in Oudtshoorn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’