OUDTSHOORN NUUS - Dertien lede van Grebe’s-skopboksklub, wat in die Edenspan opgeneem is, het op 26 Maart aan die Wes-Kaapse-streekkampioenskappe in Kaapstad deelgeneem.
Die toernooi het agt klubkampioene opgelewer waarvan vyf lede ook dubbelkampioene is.
Die groep van 13 het ook gekwalifiseer om aan die SAKA nasionale skopbokskampioenskappe vanaf 13 tot 15 Mei in Mosselbaai deel te neem.
So het die groep gevaar:
- Logan Ellis - (2 goud).
- Divan Rademeyer- (2 goud).
- Simon Greeff - (2 goud).
- Anando Olivier - (2 goud).
- Ben Greeff - (2 goud).
- Divan Rademeyer- (2 goud).
- Wian Grebe – goud en silwer.
- Jenovin Fortuin - goud.
- Megan Grebe (goud).
- Dirk- Harold Mostert - (silwer en brons).
- Audan Olivier - (silwer).
- Mario Cassara - (silwer).
- Maarten Krüger - (brons).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'