OUDTSHOORN SPORTNUUS - Grebe's-skopboksklub het twee weke gelede 'n allemintige totaal van 23 medaljes by die Eden-skopbokskampioenskap in George ingepalm.
Na afloop van hierdie toernooi word 'n Eden-skopboksklub gekies om aan die Wes-Kaapse skopbokskampioenskap in 2024 deel te neem.
Volgens Grebe's-skopboksklub se eienaar en instrukteur, Ranger Grebe, het al die klubs vanuit Eden-streek sowel as klubs van Jeffreysbaai in die toernooi meegeding.
Grebe het ook Eden-skopboks bedank vir die platforms wat geskep word om kinders die geleentheid te bied sodat hulle 'n positiewe verskil in die wêreld kan maak deur middel van sport.
So het Grebe's-skopboksklub gevaar:
- Hailie van Rensburg (2 silwer)
- Stian Jonker (2 goud)
- Lukas van Rooyen (1 goud en 1 silwer)
- Aidan Bruiners (2 goud)
- Megan Heyns (1 brons)
- Luan Mattheüs (2 silwer)
- Dirk-Harold Mostert (2 goud en 1 silwer)
- Divan van Deventer (1 silwer)
- Wian Grebe (1 goud en 1 silwer)
- Divan Rademeyer (2 goud)
- Simon Greeff (1 goud en 1 silwer)
- Megan Grebe (1 goud)
- Chaunique Bruce (2 goud).
Megan Heyns
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’