OUDTSHOORN NUUS - Tien talentvolle atlete van die Oudtshoorn Akademie Tuimel en Trampolien het die afgelope naweek met groot trots aan die Wes-Kaapse tuimel- en trampolien-kampioenskappe deelgeneem.
Dié kampioenskappe was ook die laaste item van die Oudtshoornsportfees. Die atlete het in vier verskillende kategorieë meegeding en saam vier medaljes losgeslaan.
Boonop is al tien deelnemers deur na die SA kampioenskappe, wat later vanjaar plaasvind.
Meer as 500 gimnaste van oor die Wes-Kaap het aan die kampioenskappe deelgeneem, wat die prestasie van die Oudtshoorn-groep des te meer indrukwekkend maak.
![]() | ![]() |
Presteerders sluit in:
- Lumé de Koker: goud én silwer
- Ashli-Mae Niemand: goud
- Skye van Jaarsveld: silwer
- Lana Silver: brons
- Isabella Blignault: brons
- Micayla Pillay: 4de plek
- Anneke Scheepers: 4de plek
- Conlynne Saayman: 4de plek
- Mia Lombard: 4de plek
- Grace Jones: 4de plek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’