OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se eerste krieketspan is as die SWD-skole superligakampioene gekroon.
Gimmies het Hoërskool Punt Saterdag 10 Maart met nege paaltjies gewen.
Punt het eerste gekolf en kon slegs 139 lopies in hul toegelate 50 boulbeurte aanteken. Vir Gimmies het Julian Jacobs en Eaj Carew elk drie paaaltjies geneem.
Gimmies het die teiken op 142/1 verbygesteek. Jhedli van Briesies kry (60) en Jean Bruiners (46) het met die kolf Gimmies se naam hoog gehou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'