SPORTNUUS - Hoërskool Oudtshoorn (Struisies) en Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se rugby, netbal en hokkiespanne het mekaar die afgelope naweek by Struisies se sportvelde gepak.
Die dag was uitstekend deur ouers en leerders ondersteun en daar was nie plek vir 'n muis op die pawiljoene nie, terwyl die res langs die kantlyn die spelers uitbundig aangemoedig het.
Beide skole se spangees was uit die boonste rakke met hul noodkrete wat van meer as een kilometer duidelik hoorbaar was. Ebenezer Titus het die aksie afgeneem.
So het die twee skole se onderskeie spanne se gevaar:
Rugby
- Gimmies o.19A-span wen 41 - 33
- Gimmies o.19B-span wen 22 - 5
- Gimmies o.16A-span wen 27 - 16
- Gimmies o.15A-span wen 19 - 7
- Struisies o.14A-span wen 22 - 15
Netbal
- Gimmies o.18B wen 26 - 10
- Gimmies o.16B wen 17 - 10
- Gimmies o.15B wen 19 - 6
- Gimmies o.14B wen 28 - 10
Hokkie
- Gimmies o.18A-seuns wen 1 - 0
- Struisies o.16A-seuns wen 1 - 0
- Struisies o.14A-seuns wen 3 - 0
- Gimmies o.18A-dogters wen 1 - 0
- Dogters o.16B-span speel gelykop 0 - 0
- Gimmies o.16A-dogters wen 1 - 0
- Gimmies o.14A-dogters wen 2 - 1
Dis plaas toe Mamma! Een van Gimmies se spelers laat sy verdediger in die stof byt terwyl hy nael vir die doellyn.
Gimmies se ondersteuners sing uit volle bors.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’