ROLBAL NUUS - Die vreugdevure by die George Rolbalklub brand hoog nadat sy vroue- en mansspanne die Suid-Kaap se premierliga gewen het.
Al die ligas is gespeel oor drie naweke, naamlik die Premierliga, 1ste, 2de, 3de en 4de liga van al die klubs in die Suid-Kaap. Dit is een van die grootste toetse vir wanneer provinsiale spanne gekies word en kwaliteit van spelers getoets word.
Verskeie spanne het deelgeneem met sommige van die klubs wat tot twee spanne per liga ingeskryf het.
Die wedstryde is gespeel op 26 Augustus, 2 September en die laaste drie wedstryde op 9 September by verskeie klubs in die Suid-Kaap.
Volgens Andries Janse van Rensburg, wat deel was van George Rolbalklub se mansspan, is dit beslis een van die hoogtepunte op die rolbal-kalender vir die jaar en 'n groot eer vir die betrokke klub.
Hy het gesê dit is altyd baie kompeterend en gewoonlik is daar nie groot wenne nie. Vanjaar was geen uitsondering nie.
Die mansspan was van die eerste wedstryd af bo en het daar gebly vir die res van die kompetisie. Die vrouespan het nie gelyk of hulle dit gaan maak nie, maar het met die laaste wedstyd die nodige punte gekry om ook bo te eindig.
Die vrouespan van die George Rolbalklub is, van links: Trixie van Niekerk, Johlene Bronkhorst, Peta-Ann Basford, Wendy Murray en Petro Breedt.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’