OUDTSHOORN NUUS - Die finaliste vir die 2017 Eden-sporttoekennings is bekend. Die aankondiging van die finaliste volg na 'n proses waar die keuringspaneel deur meer as 160 nominasies moes werk.
Die wenners van sommige kategorieë, wat ook op Wes-Kaap-vlak aangebied word, gaan dan deur na die Wes-Kaapse sporttoekennings as finaliste.
Die Hessequa-munisipaliteit speel vanjaar gasheer vir die aanbied van die prestige sporttoekennings en die glansaand vind op Donderdag 27 Julie in die Riversdal-burgersentrum plaas.
Die Eeden-sportraad, die departement van kultuursake en sport (DKES) en die Eden-distriksmunisipaliteit is die ander ankervennote vir die geleentheid.
Daar is egter ook sekondêre borge soos Group Editors, Leading Edge en Oudtshoorn Ford, wat bydra om van die geleentheid ‘n sukses te maak.
Finaliste wat nog nie hulle uitnodigings teen Vrydag 21 Julie ontvang het nie, moet vir Dirk van der Westhuizen (072 854 8830 / dirk.vanderwesthuizen@westerncape.gov.za) of die sekretaris, Dave van der Walt (082-7734901 / sportcouncil.eden@gmail.com) kontak.
Die finaliste is (in geen spesifieke orde nie):
Administrateur
Thalia Kock
Sonja Botha
Jason van Rensburg
Afrigter
Hennie Maree
Lilian Steyn
Megan en Ronald Presher
Plaaswerker-sportpersoon
Micheal Vaaltyn
Cornelius Julies
Nuweling
John Kriel
Johann van Tonder
Antonio Farmer
Tegniese uitnemendheid
Corne Botha
Di Pieterse
Janine Kotze
Federasie
Eden Fietsry
SWD Tweekamp
Eden Strandhengel
Span
Oakdale 560 kg toutrek
Flying Fireball (Divaris en Holm) - seiljag
Eden o.20-rolbal
Suid-Kaap premier gholfspan
Inheemse spele
Simphiwe Given
Laerskole sportman
Ian de Jager
Morné Scheepers
Antonio Bruiners
Laerskole sportvrou
Nicola Putter
Jandri Snyders
Anika Otto
Hoërskole sportman
Gustav Schlecter
GW Lund
Christo Lamprecht
Hoërskole sportvrou
Meike Strydom
Anique Wolmarans
Catlin Bruintjies
Sportvrou: Gestremd
Izine Hufke
Alvine Volkwyn
Marle van Wyk
Katinka Fox
Susan Agrella
Sportman: Gestremd
Philo Verlaat
Adeo Breet
Gerrit Hendricks
Bradwell Redelinghuys
Riaan Loots-toekenning
Swallows netbalklub
Junior sportvrou
Lara le Roux
Aimee Canny
Meike Strydom
Junior sportman
Jarco Ferreira
Martin Vorster
Marius Baard
Meester sportvrou
Aletta Ungerer (Toy)
Meester sportman
Johan Windt
Karel Erasmus
Callie Matthee
Sportvrou
Elma Davis
Bianca Buitendach
Elzanne Cronjé
Sportman
Georgou Divaris
Deon Floris
Jaco Brink
Vrywilliger
Susan Spires
Daleen Ludick
Sunette Muller
Skolespan
Van Rheede trompoppies
Hoërskool Punt netbalspan
Struisies trompoppies (Hoërskool Oudtshoorn)
Ontwikkelings skolespan
Pacaltsdorp Primêre Skool
George Hoërskool
Heidedal Primêre Skool
Gemeenskapsbouer
Jenny Olivier
Dario Urbanski
Hans van der Veen
Nadia Julies
Leeftyd presteerder
Derick Petersen
Legendes
André O'Connel
Callie Matthee
Rolina Lerm
Magdalena Phillips
Russel Arends
Mervyn Davids
Tom Willems
Joernalis
Tersia Marais
Christo Vermaak
Suzette Herrer
Fotograaf
Gerhard Jooste
Tersia Marais
Rekreasie organisasie
Philip Seroux
Presidents toekenning
Sal aangekondig word
Vir enige verdere inligting kan die voorsitter van die reëlingskomitee, Rudi Claassen (083 500 4877 / rudolphclaassen9@gmail.com), Dirk van der Westhuizen (072 854 8830 / dirk.vanderwesthuizen@westerncape.gov.za) of die sekretaris, Dave van der Walt (082 773 4901 / sportcouncil.eden@gmail.com) gekontak word.