OUDTSHOORN NUUS - Die tweede been van die "Team pursuit challenge" fietswedren spring môreaand 18:00 by die Oudtshoorn-ovaalbaan weg. Volgens Essie Esterhuizen (organiseerder), is hierdie wedren die ideale geleentheid vir die hele gesin om in 'n kompeterende omgewing deel te neem.
Slegs bergfietse word toegelaat en toegang vir die publiek is gratis.
Na die tyd sal daar ook gebraai word (kole word verskaf) en deelnemers en toeskouers word aangemoedig om hul eie vleis en wors te bring. Inskrywingsfooie is R10 per ryer per aand.
Deelnemers al in die 500m, 1500m, 2km en 5km meeding in hul verskillende ouderdomgroepe. Die span wat die meeste punte algeheel insamel by al drie byeenkomste sal die wisseltrofee wen na die einde van die derde byeenkoms wat op Vrydag 12 April om 18:00 ook by die Oudtshoorn-ovaalbaan sal plaasvind.
Vir enige inligting kan u Essie Esterhuizen by die Oudtshoorn-fietswinkel by 084 279 1065 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'