OUDTSHOORN NUUS - Die tweede van drie Hybrid-ovaalbaanfietsrykompetisies is Sondag 8 Julie op die Oudtshoorn-ovaalbaan aangebied.
Jakhals Events het die kompetisie in vyf kategorieë aangebied. Die kategorieë het gewissel van kort 500 m tot 10 km-renne, damesrenne en uitkloprenne.
Corné Botha, mede-eienaar van Jkahals Events sê die ovaalbaanfietsrenne is om fietsrykompetisies in 'n veilige atmosfeer aan te bied, waar die hele familie die dag saam kan geniet.
Fietsryers wat Sondag podiumposisies in die verkillende kategorieë en ouderdomsgroepe behaal het, is; Alrie Eloff, Bea Strydom, Nina Strydom, Beyante Goliath, Marlie Blom, Anita Wheeler, Suveena Aries, Johanru Blom, Jaylin Goliath, Andrea Brandt, Charlize Murphy, Benino Hans, Breyton Hendricks, Waderick Pienaar, Robert Swart, Jaco Mouton, Louis Venter, Reece Wheeler, Marlo Barnard,
Theunis Botha, Morneal Esau, Pierre Terblanche, Kerrighan Aries, Bradly Hufke, Andre Olkers en Robert Swart.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'