EDEN DISTRIK NUUS - Nege fietsryers uit die Eden-distrik het puik presteer tydens 'n kampioenskap in Port Elizabeth. Die groep ryers het van 6 tot 8 April aan die jeug-, junior- en meesters baanfietskampioenskappe op die Westbourne Oval in Port Elizabeth deelgeneem.
Ten spyte van die feit dat daar geen fiestsrybaan in Eden is nie, het die ryers uitstekend gevaar en 'n oes van 35 medaljes
ingesamel. Sewe goue, 13 silwer- en 15 bronsmedaljes is ingepalm. As daar in ag geneem word dat die ryers nooit die geleentheid kry om op 'n fietsrybaan te oefen nie, is hulle deursettingsvermoë en toegewydheid duidelik bewys deurdat die Eden-streek met die meeste medaljes weggestap het.
Die Eden-baanfietsryspan met die medaljes wat hulle in Port Elizabeth veroewer het. Voor, van links is Beyaunte Goliath (4 silwer), Benino Hans (2 goud, 2 silwer, 2 brons), Cornè Bence (afrigter), Morneal Esau (1 brons) en Suveena Arries (2 silwer, 6 brons). Agter: Lee Aries (spanbestuurder), Breyton Hendriks (2 silwer, 3 brons), Waderick Pienaar (2 silwer, 1 brons), Kerrighan Aries (1 brons) en Daclon Aries (spanbestuurder). Afwesig, Mario McLeod met 5 goue, 1 silwer- en 1 brons medalje.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'