OUDTSHOORN NUUS - Die afgelope naweek se SWD-ovaalbaanresies kampioenskappe by die Oudtshoorn-ovaalbaan was deur 82 jaers vanaf Bloemfontein, Oos-London, Oudtshoorn, George, Stilbaai en Plettenbergbaaise-motorklubs bygewoon.
Volgens een van die organiseerders, Dirk van der Westhuizen is daar in nege klasse meegeding.
Op 19 Maart sal daar 'n amptelike oefensessie gehou word by die Oudtshoorn-ovaalbaan en die toegangsfooie sal R20 per persoon beloop.
Die oorblywende motorwedrenne waarna petrolkoppe kan uitsien is 20 Maart in George en 10 April op Oudtshoorn.
Henties de Villiers het die 2.1 Klas voor Hendricus Botha weggeraap met sy vinnige Opel Corsa.
Die opwindende Hotrod-klas was skitterend deur Shaun Potgieter in sy nuwe Opel Corsa gewen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'