TUINROETE | KAROO NUUS - Die Suid-Afrikaanse Inter-Distrikte Veterane Rolbaltoernooi vir spelers ouer as 60 is in Maart in Oos-Londen aangebied en Old Selbornians, Gonubie, Comrades en Kids Beach Rolbalklub was die gashere.
Van 7 tot 11 Maart het die top agt spelers van die 20 distrikte dit uitgespook en die span van Eden was tot en met Donderdagmiddag in die derde plek.
Gauteng Noord het voorgeloop met Johannesburg kort op hulle hakke.
Vrydagoggend, met die laaste wedstryd in die seksie, het die span van Eden volpunte gekry en beide Gauteng Noord en Johannesburg het hulle wedstryde verloor.
Eden se span het daardeur die seksie gewen en het die middag teen Westelike Provinsie in die finaal gespeel.
Die een span van Eden het in 'n naelbytstryd met 17 teen 16 gewen en die ander Eden span het 'n wegholoorwinning van 31 teen 11 beklink. Eden het dus weggestap met goud en WP moes tevrede wees met silwer.
Twee van Stilbaai Rolbalklub se mans, Johan Snyman en Piet Robbertse, is deel van die seëvierende Eden span.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'