Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Dinsdagaand, 3 Maart, het 180 tweekampatlete aan die laaste tweekampbyeenkoms deelgeneem.
Deelnemers het meegeding vir ’n medalje, asook ’n plek in die gewilde Eden-span wat deurdring na die SA Kampioenskappe wat op 20 en 21 Maart plaasvind. Drie Eden-rekords is verbeter.
Meisies o. 8: Bea Kitching
Seuns o. 13: Judah Spies
Juniordames: Cornel Kruger
Motiveringspryse is toegeken aan die drie topatlete tydens die byeenkoms: Melissa Meyer vir hardloop, Marco Botha vir swem en Judah Spies vir algemene deelname.
Die Eden-span word Donderdag 5 Maart aangekondig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’