OUDTSHOORN NUUS - Die gewilde Eden-straatmylreeks vind weer vanjaar plaas en word soos in die verlede aangebied deur die Klein-Karoo Atletiek Fonds (KKAF).
Eden-straatmylreeks bestaan uit twee bene, Die Klein-Karoo-straatmyl wat in Oudtshoorn plaasvind en die ATKV-straatmyl wat in Hartenbos plaasvind.
Die reeks begin op 16 Desember met die Klein-Karoo-straatmyl wat in Baron van Reedestraat, Oudtshoorn gehardloop word en word afgesluit in Hartenbos met die ATKV-straatmyl op 18 Desember.
Nuwe toevoegings tot die straatmylreeks
• Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het toegetree en ondersteun die Klein-Karoo-straatmyl.
• Sante Fe Spur is ook betrokke as ‘n gewaardeerde sekondêre borg.
• Die Klein-Karoo-straatmyl op Oudtshoorn se roete word effe aangepas en eindig vanjaar voor die Sante Fe Spur in Baron van Reedestraat.
• BoutTime gaan voortaan die inskrywings en uitslae hanteer deur middel van die RFID (Radio Frequency Identification)-stelsel wat die uitslae onmiddellik op verskeie platforms beskikbaar stel.
Pryse
Meer as R40 000 se prysgeld is op die spel.
Die Grand Prix-stelsel vorm deel van die reeks. Die mans- en vroueatleet wat die meeste punte oor die reeks verdien, ontvang aan die einde van die reeks die Grand Prix-trofee en prysgeld. Daar is ook ‘n prys vir die beste ASWD mans- en -vroueatleet.
Borge
• Die hoofborge is NWU, ATKV Hartenbos, Wes-Kaap departement van kultuursake en sport en Groter Oudtshoorn-munisipaliteit.
• Addisionele borgskappe en bystand word verleen deur Oudtshoorn Ford, Surval, Kleinplaas, Sante Fe Spur, ASWD, ASICS, TOP GEAR, EDENfm, Mosselbaai-munisipaliteit (burgemeesterskantoor) en natuurlik die vrywilligers!
Die straatmyle
Klein-Karoo-straatmyl
Die straatmyl begin op 16 Desember om 09:00 by Kleinplaas. Die program is as volg:
• 09:00 Jong Talent: seuns en meisies (gebore 2010 – 2015)
• 09:15 Youth Girls (gebore 2007 – 2009) en 40+ dames
• 09:30 Jeugseuns (gebore 2007 – 2009) en 40+ mans
• 09:45 Dames Ope en Junior Dames (gebore 2005 – 2006)
• 10:00 Mans Ope en Junior Mans (gebore 2005 – 2006)
• 10:30 Prysuitdeling – Santa Fé Spur
ATKV Straatmyl
Die straatmyl vind op 18 Desember in Hartenbos plaas en begin en eindig by Paardekraalstraat (Noord).
Program
08:30 Jong Talent Meisies (gebore 2010 - 2015)
08:45 Young Talent seuns (gebore 2010 - 2015)
09:00 Youth Girls (gebore 2007 - 2009) en 40+ Dames
09:15 Jeugseuns (gebore 2007 - 2009) en 40+ mans
09:30 Dames Ope en Junior Dames (gebore 2005 - 2006)
09:45 Mans Ope en Junior Mans (gebore 2005 - 2006)
10:00 Fun Mile 50+ (geen toegangsfooi)
10:30 Prysuitdeling
Ontwikkelingsprogram
Die Klein-Karoo Atletiekfonds moedig beginnersatlete om ook deel te neem. As deel van KKAF se ontwikkelingsprogram word daar, in samewerking met die Sportontwikkelingsdepartement van die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit en die top atlete, ‘n afrigtingskliniek op Oudtshoorn op 17 Desember aangebied.
Meer inligting omtrent hoe om in te skryf asook die program is op www.edenmiles.co.za sowel as op Facebook beskikbaar.