OUDTSHOORN NUUS - Altesaam 56 manspanne het oor die afgelope drie naweke aan die Eden-rolballiga in Oudtshoorn deelgeneem.
Die bane van die Oudtshoorn-rolbalklub was Saterdag 6 September gepak toe tien spanne uit die Eden-distrik mekaar die stryd aangesê het.
Spelers van verskillende klubs het hul vaardighede ten toon gestel en die dag is gekenmerk deur uitstekende sportmangees en stywe mededinging.
Volgens organiseerders het die kompetisie nie net bygedra tot die bevordering van rolbal in die streek nie, maar ook 'n gulde geleentheid gebied vir spelers om ervaring op te doen en klubs nader aan mekaar te bring.
Premier liga
1. George 1
2. George 2
3. Sedgefield 1
Eerste liga
1. George 3
2. Hartenbos 3
3. Mosselbaai 1
Tweede liga
1. George 5
2. Hartenbos 4
3. Vista 2
Derde liga
1. Oudtshoorn 4
2. Hartenbos 5
3. Hartenbos 6
Vierde liga
1. Hartenbos 7
2. Mosselbaai 3
3. George 8
Vyfde liga
1. Mosselbaai 4
2. Oudtshoorn 5
3. Groot-Brak 4
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’