OUDTSHOORN SPORTNUUS - Twee leerders van Laerskool Wesbank, Alrie Eloff (8) en Bia Strydom (11), het verlede Saterdag Eden-kleure by die Eden XCO-bergfiets eindronde in Knysna verwerf.
Albei het eerste plekke in hul onderskeie afdelings behaal.
Dié twee het ook onlangs aan die Wes-Kaapse XCM 18km-bergfiets-kampioenskappe deelgeneem waar Eloff in die 9 tot 10 jaar-afdeling 'n tweede plek behaal het, terwyl Strydom in die derde plek in die 11 tot 12 jaar-afdeling was.
Albei het ook deelgeneem aan die Western Cape XCO-kampioenskappe wat by die Knysna Oakhill skool plaasgevind het.
Eloff het ook hier derde in haar kategorie geëindig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'