OUDTSHOORN NUUS - Vyf leerderes van Laerskool Wesbank het hul Eden-kleure verwerf.
Arné Janse van Rensburg, Jeanie du Plessis en Ronday Martin het in die o.13-ouderdomsgroep hul kleure ontvang, terwyl Via-Kaylin Maniel en Mia Smuts hul o.12 Eden kleure ontvang het.
Hulle het Saterdag 12 Mei, in Beaufort-Wes gespeel.
Die komende naweek sal hulle in Hermanus aan die Wes-Kaap-proewe deelneem.
o.13 Eden-spelers: Voor, van links is Jeanie du Plessis en Ronday Martin. Agter: Arné Janse van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'