FIETSRY NUUS - Eden-fietsryspan het verlede week koning gekraai tydens die jaarlikse jeugfees wat vanaf 11 tot 14 Julie in Oudtshoorn plaasgevind het.
Volgens Sonja Schultz, sekretaresse van Eden-fietsryvereniging, het 235 fietsryers van oor Suid-Afrika in die kriterium, berg en pad-fietswedrenne deelgeneem.
Die wedrenne is in die Bridgton-woonbuurt, Oudtshoorn-ovaalbaan en by Highgate-volstruisplaas beslis.
Schultz sê Eden het verskeie positiewe terugvoering vanaf die provinsies ontvang vir hul gasvryheid en goed georganiseerde jeugfees.
Eden-fietsry het die Oudtshoorn-munisipaliteit, staatsdepartemente en besighede in Oudtshoorn vir hul ondersteuning bedank.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'