TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Eden-fietsry het verlede Saterdag tydens hul jaarlikse prysuitdeling die streek se fietsryers tydens 'n spoggerige geleentheid by Kobus se Gat vereer vir prestasies gelewer gedurende 2021.
Fietsryers is as volg vereer:
- Louis Visser (jr.) - Senior sportman van die jaar
- Charlissa Schultz - Senior sportvrou van die jaar asook beste vroueprestasie vir 2021
- Jandre van Lill- Laerskool sportman van die jaar
- Phillo Verlaat- Para-fietsryer van die jaar.
- Yolande de Villiers-Wes-Kaap-Fietsry presidentstoekenning
- Tristan Nortjé - Eden-presidentstoekenning
- Benino Hans - Beste Eden akademiese ryer van die jaar
- Linél Engelbrecht verower haar Protea-kleure vir AFCON-baankampioenskappe in Egipte waar die junior damesspan goud verower. Sy ontvang ook 'n toekenning vir junior sport-vrou van die jaar, skole sportdogter van die jaar asook beste prestasie junior van die jaar.
- Anya du Plessis - Beste prestasies in MTB, pad en baan-fietsrydissiplines
- Marschal Hendricks - Beste mansfietsryer
Marschal Hendricks
Benino Hans
Louis Visser (jr)
Jandre Van Lill
Linél Engelbrecht
Anya du Plessis
Administratiewe toekennings:
- Karin Bence - Erkenning vir uitsonderlike prestasie. Bence is tans die enigste vrou in Suid-Afrika wat kommissaris is vir bergfiets, baan en padfiets asook baan.
- Sonja Schultz, voorsitter van Oudtshoorn-fietsryklub asook sekretaresse van Eden Fietsry, Sy ontvang die Eden Ere-toekenning vir haar bydrae tot fietsry.
- Eden-fietsryklub ontvang trofeë vir fietsryklub van die jaar.
Karin Bence
Eden Fietsry het na afloop van die verrigtinge DCAS, Lotto, Oudtshoorn-munisipaliteit en Wes-Kaap Fietsry bedank vir befondsing en ondersteuning wat dit moontlik gemaak het vir die ryers om te kon deelneem gedurende 'n Covid-19 geteisterde jaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'