OUDTSHOORN NUUS - Yolande de Villiers en Tristan Nortjé is verlede Saterdag by Eden-fietsry se jaarlikse prysuitdeling as senior sportman en sportvrou by Route 62 Bar & Grill Restaurant aangewys.
Tydens hierdie geleentheid is talle fietsryers, bestuurders, afrigters en skeidsregters vir hulle harde werk vanjaar vereer.
Die gasspreker van die aand was die voormalige Protea-fietsryer, Johan Nicol, wat ook 'n 'Lifetime Achiever'-toekenning ontvang het.
Nog 'n Protea-fietsryer, Jean Nell, het 'n Wes-Kaap ere-toekenning ontvang. Nel is in 2014 tydens 'n oefensessie op die Velodromebaan in Bellville (Kaapstad) oorlede. Hy het in 2008 sy Protea-kleure verwerf en was geoormerk vir die Olimpiese Spele sowel as die Statebondspele. Nel se ouers, Johan en Loretta Nell was teenwoordig om sy toekenning in ontvangs te neem.
Enkele hoogtepunte van die aand:
- Junior sportvrou - Anya du Plessis
- Junior sportman van die jaar - Cronje Beukes
- Protea kleure is oorhandig aan Tristan Nortjé en Anya du Plessis.
- Die volgende bestuurders van Eden Fietsry ontvang Wes-Kaap-kleure:
- Jade Gerber
- Daclon Aries
- Sonja Schultz
Die volgende beamptes ontvang Wes-Kaap kleure:
- Heindrich Greyffenberg
- Karin Bence
- Lee Aries
- Daclon Aries
Spesiale toekennings:
- Karin Bence - Eden Meriete-toekenning vir haar bydrae tot fietsry. Bence is ook die enigste gekwalifiseerde vroue-skeidsregter in Suid-Afrika vir pad, baan en bergfiets-byeenkomste.
- Marike Vreken - Eden Uitvoerende-toekenning vir haar bydrae as Eden Bergfietsry-verteenwoordiger sowel as afrigter van talle fietsryers in die streek.
- Sonja Schultz - Eden Presidensiële-toekenning. Schultz het ook vanjaar die Eden-sportraad se administrateur van die jaar toekenning ingepalm. Onlangs was sy ook die ontvanger van die burgemeesterstoekenning as senior administrateur van die jaar.
Tydens die geleentheid is die media, borge asook besighede en instansies wat fietsry ondersteun, bedank.
- Oudtshoorn-munisipaliteit
- Oudtshoorn-verkeersdepartement
- DCAS
- Wes-Kaap Fietsry
- Kleinplaas-vakansieoord
- Timbercity
- Route 62 Bar and Grill-restaurant
- Jakhals Events
- Cycle Addict
- Oudtshoorn fietse
- Eden Sport Raad
- Eden Sport Academy
- TT Transport
- Oudtshoorn Nissan/Renault
- Dryland Event Management
- Johnny Koen Cycles
Jozay Baartman (links) en Jaden Camfer het die toekenning vir beste ontwikkelingsryers vir die jaar ontvang.
Karin Bence het die meriete-toekenning ingepalm.
Sonja Schultz (regs) het die Eden presidensiële-toekenning vir haar bydrae tot fietsry ontvang. Foto's: Chandré Schultz
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'