OUDTSHOORN NUUS - Ryan Mphahlele het vanjaar in die mans ope-afdeling koning gekraai toe hy die jaarlikse Eden Bestmed Straatmylreeks in ‘n tyd van 3:56:04 gewen het.
Sy wentyd was die derde vinningste ooit in die 10 jaar wat die Straatmylreeks bestaan.
Thineke Cloete is die wenner van vanjaar se vroue ope-afdeling.
Die reeks, wat oor die drie bene strek, het vanoggend om 09:00 weggespring by Kleinplaas vakansie-oord en geëindig by Karoopot restaurant.
Volgens Hans van der Veen, voorsitter van die Klein-Karoo atletiekfonds (KKAF), het bykans 200 deelnemers vanjaar ingeskryf; 'n rekord getal vir dié gewilde reeks.
Hy het tydens die prysuitdeling gesê dat een van die groot dryfvere agter die Eden Bestmed Straatmylreeks is om nie net deelnemers fisies te ontwikkel nie, maar ook as mense.
In die Elite fietsry-afdeling vir mans het Marshall Hendricks vir ‘n groot opskudding gesorg toe hy verlede jaar se wenner, Louis Visser ore aangesit het.
Die tweede been vind Woensdag 19 Desember plaas by die NMU-kampus op George.
Die wenners van die elite fietsry-afdeling vir mans is van links Rynard Butler (derde plek), Marshall Hendricks ( wenner), Louis Visser (tweede plek).
Thineke Cloete - wenner van vanjaar se vroue ope-afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'