TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die Eden-skole basketbalproewe vir o.14-spelers het die afgelope naweek by Colridge Primêr plaasgevind.
Spanne van Oudtshoorn, Dysselsdorp, Knysna en George het almal opgedaag en gekombineerde spanne gevorm wat uitstekende basketbal opgedis het.
Die Eden-span wat na afloop van hierdie toernooi gekies is sal op 'n latere stadium bekendgemaak word.
Maselino Abrahams (groen) op die verdediging.
Likho Mtiya probeer 'n doel van die driepuntsirkel aanteken.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'