TUINROETE NUUS - Leerders met spesiale onderwysbehoeftes het verlede week op Valentynsdag deelgeneem aan die Eden-atletiekbyeeenkoms.
Die byeenkoms het by De Jagers-sportkompleks plaasgevind.
Die mededinging was taai in sommige baan- en velditems, en daar was ook gereelde tussenposes waartydens die leerders koeldranke en versnapperinge geniet het.
Skole wat deelgeneem het:
- Colridge Primêr
- Laerskool van Rheede
- Haarlem Sekondêr
- Carpe Diem Skool
- Dysselsdorp Primêr
- Oudtshoorn APD (Vereniging vir persone met gestremdhede)
- Eljada-Kairos
Mededinging was taai in die 100m vir seuns o.13.
Atlete geniet 'n blaaskansie terwyl hulle smul aan eetgoed en sappies.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'