OUDTSHOORN NUUS - Die Van Reede-trompoppies en hul afrigters, wat onlangs Protea-kleure ontvang het, het Woensdag 23 September na Pole vertrek, waar hulle aan die Wêreldkampioenskappe in Katowice sal deelneem.
Chloé Barnard, Willisha Hendricks en Mbali Tyatya, het Protea-kleure ontvang en sal Suid-Afrika as junior atlete verteenwoordig, en Willdene Piedt, 'n senior atleet.
Die afrigtingspan bestaan uit Karishney Pikaan, Dané Mei, Megan Presher en Ronald Presher.
Van Reede Skool het sy trots uitgespreek oor die trompoppies en afrigters se besondere prestasie en hulle alle sukses toegewens met dié belangrike internasionale geleentheid.
Die skool wens sy Protea-atlete en -afrigters 'n veilige reis en 'n onvergeetlike ervaring by die wêreldkampioenskappe toe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’