OUDTSHOORN NUUS - Eden se biathle en triathle-atlete het aan die SA kampioenskap in Port-Elizabeth deelgeneem,
Die kampioenskap het van 23 tot 25 Junie plaasgevind en verskeie Eden-atlete is in die SA span opgeneem om Oktober in Egipte te gaan deelneem.
Die Eden SA atlete is:
Biathle
Johan Windt (60+)
Triathle
Johan Windt (60+)
Debbie Strydom (40+)
Greens Groenewald (40+)
Zhane Vorster (junior)
AC Kleynhans (o.19)
Marcus Kleynhans (o.17)
Die bogenoemde atlete is almal in die Sampa-span opgeneem.
Stef Schoeman (o.15) is in die triathle in die Sampa- Presidentspan opgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'