OUDTSHOORN ROLBALNUUS - Die rolbalspan van Du Plessis Volkswagen is na die eerste ronde van die Oudtshoorn-rolbalsakeliga in die eerste plek met vier punte.
Die wedstryde vind Woensdae plaas met die eindronde wat op 24 November gespeel sal word. Gratis etes word ook na die wedstryde vir die spelers verskaf.
Die toptien spanne na verlede week se ronde is as volg:
- Du Plessis Volkswagen
- Makka Swart Konstruksie
- Van der Berg Vervoer
- CKI Abattoir
- Kanni Worry
- Helende Woord Bediening
- Tyres & Treads
- PSP Timbers
- Slabber & Slabbert
- Pam Golding
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'