OUDTSHOORN NUUSFLITS - Chris Jooste (22), 'n boorling van Prins Albert, het tesame met die vrouewenner van die Tswane Classic 98 km-fietsren, Yzette Oelofse, sekerlik een van sy grootste oorwinnings in sy fietsryloopbaan behaal.
Jooste het Sondag 5 November in 'n tyd van 2:12:57, een minuut voor ProTouch se Jaydé Julius and Dimension Data se Kent Main, wat die Bestmed Tour of Good Hope vroeër vanjaar gewen het, oor die wenstreep gejaag.
Ongeveer 4 000 fietsryers het aan die ren deelgeneem.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'