OUDTSHOORN NUUS - Dragons-dominoklub het Saterdag koning gekraai in die 2019 Oudtshoorn Sportfees-dominotoernooi wat in die ontspanningssaal by die Oudtshoorn-sportterreom aangebied is.
Dragons het die span van Lazers in die eindstryd geklop om met die wennerstrofee weg te stap.
Die twee spanne het in die halfeindstryde onderskeidelik met die spanne van die Rottweilers en Duduza afgereken.
Die ander klubs wat deelgeneem het is Neppon, Golden Stars, Vikings, Tornado’s, Eagles en United Warriors. Al die klubs is geaffilieer by die Oudtshoorn Dominounie.
Die vereniging se 2019 ligakompetisie het Sondag begin met wedstryde wat elke Sondagmiddag gespeel word.
Belangstellendes wat 'n dominoklub wil stig of by bestaande klubs wil aansluit kan die voorsitter, David May, by 082 5702 430 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'