Boets Nel, bekende wynmaker van De Krans-kelders in Calitzdorp, en een van die stigterslede van die Port en Wynfees, het gesê dat die dominokompetisie moontlik gemaak is deur `n skenking wat ontvang is van Kannaland-munisipaliteit.
`n Snoeikompetisie en kinderkunskompetisie is van die ander projekte wat ook aangepak is om die gemeenskap by die fees te betrek.
Hendrik Tiemie en Freek Willemse is aangewys as die voorste dominospelers en is huis toe met `n prysgeld van R1 600.
In die tweede plek was Dirk Abrahams en Dolf Baartman, gevolg deur Erik Baartman en Dawid Booysen in die derde plek en Jan Mei en Niel Mei, vierde.
Die groep dominospelers wat groot pryse gewen het tydens die pas afgelope Calitzdorp Portfees. By hulle staan Boets Nel en die burgemeester van Kannaland, Jeffrey Donson. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'