OUDTSHOORN NUUS - Die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport (DKAS) het onlangs R2,8 miljoen aan verskillende sportfederasies in Eden-streek bewillig. Hierdie geleentheid is in Riversdal gehou met verskeie hooggeplaastes soos minister Anroux Marias (DKAS) en Grant Riddles (Hessequaburgemeester) wat onder die ere-gaste getel het.
Marias het tydens haar spreekbeurt gesê dat die sportfederasies moet volhard met die goeie werk waarmee hulle besig is.
Vir die 2024/25 befondsingsiklus is 31 sportfederasies as begunstigdes aangewys en is hierdie fondse spesifiek geallokeer vir administrasie, kapasiteitsbou en ontwikkeling doeleindes.
Daar is ook 40 groot sportbyeenkomste wat in die 2024/25 siklus ondersteuning sal ontvang wat nasionale, distrik en provinsiale- kampioenskappe en sportfeeste sal insluit. Desmond Speelman, voorsitter van Eden-sportraad, het die verrigtinge afgesluit en die departement bedank vir die finansiële bydstand waarsonder sport nie kan floreer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’