OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se eie Yolande de Villiers en Theuns van der Bank van Kaapstad was verlede Saterdag onderskeidelik die mans- en vrouewenners van die gewilde Swartberg Xtreme MTB-wedren.
De Villiers was algeheel in die derde plek en was ook die wenner in die vroueafdeling in verlede jaar se eerste Swartberg Xtreme MTB.
Die Swartberg MTB beslaan 'n afstand van 171 km met 'n helling van 4 850 meter wat dit een van die mees uitdagendste bergfietswedrenne in Suid-Afrika maak.
Die roete neem die ryers vanaf Wilgewandel-vakansieplaas oor die Swartbergpas af in die Gamkaskloof en weer terug na Prins Albert tot by Scholtzkloof, waarna die ryers weer by Wilgewandel eindig.
Mansafdeling:
1. Theuns van der Bank (08:53:01)
2. Paul-Dean Rorich (09:06:35)
3. Jowano Olckers (09:49:06)
Vroueafdeling:
1. Yolande de Villiers (09:21:28)
Yolande De Villiers was soos verlede jaar, weer die eerste vrou oor die wenstreep in die Swartberg MTB. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'