OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorniet, Yolande de Villiers, het vanoggend die gewilde 36ONE MTB Challenge vroueafdeling in 16 uur en 18 minute gewen
De Villiers was ook verlede jaar se 36ONE-wenner en sy het ook koning gekraai in die Attakwas, sowel as Swartberg Extreme wat vroeër vanjaar plaasgevind het.
Drikus Coetzee van Namibië was baas in die mansafdeling in 'n baanrekordtyd van 13 ure en 20 minute.
Drikus Coetzee
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'