OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die CrossFit-span van Black Mountain CrossFit het deurgedring na die Afrika CrossFit-kampioenskappe in Kaapstad.
Corné Hoffman, Riekie Erasmus, Melanie Verlinde en Bert Verlinde moes die afgelope naweek hulle staal teen die beste spanne van regoor Afrika wys.
Volgens Bert Verlinde was hulle die "rookies" van die kompetisie, maar hulle het daarin geslaag om algeheel 'n 14e plek in te palm.
"Ons was bevoorreg om te kon deurdring en deelneem aan so 'n groot byeenkoms en dit het ons toegerus met 'n magdom ondervinding. Baie dankie aan al die Oudtshoorniete wat die live stream gekyk het en boodskappe van aangemoediging gestuur het," het hy Dinsdag gesê.
Bert Verlinde word tydens een van die items beoordeel. Foto's verskaf
Melanie Verlinde wys haar krag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'