OUDTSHOORN NUUS - ‘n Oudtshoorn-meestersatleet, Johann Coetzer, het Saterdag 28 Oktober by die SWD Meestersatletiekkampioenskappe geskitter
Die kampioenskappe is op Oudtshoorn by die De Jagerssportkompleks aangebied.
Coetzer het twee goue medaljes (100 m en 200 m mans 55+) en twee silwer medaljes (400 m en verspring mans 55+) gewen.
Wat die prestasie meer uniek maak is dat hy 18 jaar laas die 100 m gehardloop het.
Dit was ook die eerste keer in sy atletiekloopbaan da thy kompeterend aan die 400 m deelgeneem het en sy tweede keer dat hy die 200 m kompeterend aangedurf het.
Johann Coetzer met die medaljes wat hy ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'