KAROO NUUS - Die dertiende Momentum Medical Scheme Cape Pioneer Trek aangebied deur Biogen spring vanjaar vanaf 3 tot 9 September vanaf Glenwood House in George weg waarna dit in Oudtshoorn sal eindig.
Die wedren staan ook bekend as, The Race with Soul.
Die roete, wat die asemrowende Klein-Karoo- natuurskoon, Langkloof, Montagupas en Outeniqua-berge onder andere insluit, beslaan 472 kilometer met sowat 10 850 meter se klim.
Die verdedigende kampioene, Marco Joubert en Pieter du Toit, is terug, maar nie as 'n span nie.
In die UCI-vrouekompetisie sal die verdedigende kampioen, Kim le Court saam met die voormalige Suid-Afrikaanse marathon-kampioen, Samantha Sanders aantree. Le Court en Sanders se sterkste kompetisie vir die pienk First Ascent-leierstruie kan waarskynlik van Oudtshoorn se Yolande de Villiers en Stephanie Wohlters kom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’