OUDTSHOORN SPORTNUUS - Chaunique Bruce, lid van Ranger-skopboksklub, het vandeesweek saam met die SA skopboksspan na Istanbul in Turkye vertrek om vanaf 18 tot 21 Mei aan die Turkye Ope WAKO-kampioenskappe te gaan deel neem.
Bruce het reeds verlede jaar haar Suid-Afrikaanse Skopboksvereniging (Saka)-kleure verwerf en is deel van die senior presidentspan wat saam met die nasionale span aan dié kampioenskappe sal meeding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’