Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn se BMX-baan is Sondag 26 November amptelik deur die Wes-Kaapse minister van sport en kultuur, Anroux Marais geopen.
Marais het dit as ‘n heuglike dag beskryf.
“Dit het ‘n absolute hoogtepunt van my dae in my amp geword wanneer ons as sportbelanghebbendes bymekaar kom om sportontwikkeling en deelname in die Wes-Kaap te vehoog.
"Vandag se bekendstelling van die nuwe BMX-baanfasiliteit op Oudtshoorn, is só heuglike geleentheid.”
Marais het na die baan as ‘n nuutgestigde juweel verwys.
Burgemeester Colan Sylvester het verduidelik dat die baan, soos dit nou daarna uitsien, slegs fase een is.
“Soos geld beskikbaar raak, sal ons met fase 2 begin en die baan uitbrei”.
Die baan het ongeveer R500 000 gekos. R140 000 daarvan is deur die Wes-Kaapse regering geskenk.
Marais het dit as ‘n heuglike dag beskryf.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'