OUDTSHOORN NUUS - Die rolbalspan van Blacklist Security het Alert Patrol se rolbalsakeliga verlede Woensdag by die Oudtshoorn-rolbalbaan met 11 punte gewen, en in die proses 'n kontantprys van R3 000 ingepalm.
Van Reede en Auto Select was in die tweede en derde plek en het onderskeidelik R2 000 en R1 200 as prysgeld ontvang.
Altesaam 42 spanne het ingeskryf vir dié liga wat ses weke gelede begin het. Volgens een van die organiseerders begin Alert Patrol se volgende rolballiga in Mei.
Besighede wat wil inskryf kan Gerhardus Delport by 064 493 7183 kontak.
Top-10-spanne:
- Blacklist Security
- Van Reede
- Auto Select
- Laerskool Wesbank
- Tyres & Treads
- Johnson's Bricks
- PSP Timber
- Du Plessis Volkswagen
- Cookie Club
- CKI Looiery 2.
Die seëvierende Blacklist Security-rolbalspan is van links: Johan Duvenage, Jan van Niekerk (Oudtshoorn-klubpresident), Charl du Plessis en Wium Badenhorst. Helmien Coetzee en Adriaan Coetzee van Blacklist was afwesig.
Die naaswenners, Van Reede-rolbalspan, is van links: Gerhard Oosthuizen, Arie Swiegers, Jan van Niekerk (Oudtshoorn-klubpresident), Lammie Brand, Johan Erasmus en Abri Ferreira (Alert Patrol). Foto's: verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'