ROLBAL NUUS - Stilbaai-rolbalklub se jaarlikse Engen Manne-rolbaltoernooi het Donderdag 11 Mei in ysige weer plaasgevind.
Nege klubs van Stilbaai, Mosselbaai, Groot-Brakrivier, Witsand, Heidelberg, Hartenbos, George, Riversdal en Vista van Klein-Brakrivier het met sestien spanne die bane aan die brand gespeel.
Hierdie manne laat hulle beslis nie afskrik deur koue en reën nie en Willem Dippenaar, Hennie Steyn en Peter Alexander van Stilbaai het met die louere weggestap.
In die tweede plek was Hartenbos se Ewie Swanepoel, Lappies Labuschagne en Tom Strydom. Mosselbaai se Marco en Bertie Nel en Mark Fletcher was derde.
Stilbaai-klub se vrouespelers het die manne lekker bederf met eetgoed en dan was daar natuurlik ook lekker koffie en 'n ou soetetjie om die koue te verdryf.
Hierdie speler van Groot-Brak in diepe bepeinsing.
Die wenspan van Stilbaai is van links: Willem Dippenaar, Hennie Steyn, Angelo Erasmus, van Engen wat die pryse oorhandig het, en Peter Alexander.
Angelo Erasmus van Engen (links) oorhandig die derde prys aan die Mosselbaai-span van Marco Nel, Bertie Nel en Mark Fletcher.
Angelo Erasmus van Engen (links) oorhandig die tweede prys aan Ewie Swanepoel, Lappies Labuschagne en Tom Strydom, almal van Hartenbos.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’