OUDTSHOORN NUUS - Bianca Malan was verlede Saterdag die vinnigste deelnemer van die 283ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval Olyflandgoed toe sy met 'n tyd van 22 minute en 11 sekondes eerste oor die eindstreep was.
Francois Verwey was tweede, gevolg deur Tarren Jullies wat in die derde plek klaargemaak het.
Laas Saterdag se 10 voorste drawwers:
- Bianca Malan (22:11)
- Francois Verwey (22:47)
- Tarren Jullies (25:47)
- Marius Human (29:35)
- Johnn Bester (29:2)
- Conrad Jullies (29:28)
- Bart Saaiman (32:56)
- Henry Carstens (33:56)
- Elaine Schuin (36:04)
- Meggan Jordaan (37:51)
Twee juniors, William van Tonder (18:25) en Graeme Philander (21:44), was die twee voorste drawwers tydens die vorige week se 282ste Oudtshoorn-parkrun met Bianca Malan (21:56) wat toe derde was.
Johann Coetzer het toe ook sy 200ste parkrun voltooi.
Johann Coetzer posseer met die 100-vlag en 100-T-hemp wat altesaam 200 parkruns simboliseer. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'