OUDTSHOORN NUUS - Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het Donderdagaand, 28 November, die jaarlikse Burgemeester-sporttoekennings aangebied. Die geleentheid het erkenning gegee aan uitsonderlike sportprestasies binne die gemeenskap.
Die gasspreker, die bekende Springbok-rugbyafrigter, Deon Davids, het tydens sy motiveringspraatjie sewe kernbeginsels uitgelig wat essensieel is vir sukses: harde werk, selfondersoek, 'n doelgerigte lewe, opoffering, drome, geloof en volharding te midde van die uitdagings van die moderne lewe.
Hy het beklemtoon dat hierdie beginsels van groot belang is vir enigiemand wat daarna streef om sukses te behaal, veral in die sportwêreld.
Skole
- Laerskool sportspan
Laerskool Wesbank 'Tug-of-War'-span
- Laerskool afrigter
Ronald Presher - trompoppies
- Junior sportvrou van die jaar
Chloe May - trompoppies
- Junior sportman van die jaar
Fourie Delport - tennis
- Hoërskool sportspan
Langenhoven Gimnasium o. 16-netbalspan
- Hoërskool afrigter
Meghan Presher - trompoppies
- Hoërskool sportvrou van die jaar
Payton Gerber - trompoppies
- Hoërskool sportman van die jaar
Dwayne Kammies - atletiek
Jeugtoekennings
- Junior sportvrou van die jaar
Nadia van Jaarsveld - gimnastiek
- Junior sportman van die jaar
Dirk Harold Mostert - skopboks
- Sport persoon met 'n gestremdheid
Brendolene Loff - netbal winterspele
Senior-toekennings
- Senior sportspan
Oudtshoorn-veerpyltjieklub
- Senior afrigter
Ranger Grebe - skopboks
- Sportadministrateur van die jaar
Sonja Schultz - fietsry
- Sportvrou van die jaar
Annerie Dercksen - krieket
- Sportman van die jaar
Wian Grebe - skopboks
Burgemeesterstoekennings
Van Reede-trompoppies
André Olivier - krieket
Karen Bence - fietsry
Shaun Boshoff - gewigstoot
Hennie Baartman - rugby
Dave van der Walt - atletiek
Corné Bence - fietsry
Jason Jafta - marathon
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’