OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die wenner en naaswenner van verlede Saterdag se 263ste Oudtshoorn-parkrun by die Surval Olyflandgoed was twee besoekers.
Ben Koopman van Celtic Harriers het die 5 km in 19 minute en 36 sekondes gewen met Christo du Plessis van die Howick-atletiekklub kort op sy hakke met 'n tyd van 19 minute 49 sekondes.
Saterdag se voorste drawwers:
- Ben Koopman (19:36)
- Christo du Plessis (19:49)
- Francois Verwey (23:15)
- Jannie Fourie (23:19)
- Paddy Hodgson (24:37)
- Hans Lareman (25:19)
- Francois le Roux (25:40)
- Albertus Kennedy (26:24)
- Smith Johannes (26:40)
- Jeanne Oosthuizen (27:00)
- Fanie Olivier (27:49)
- Conrad Jullies (28:08).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'