OUDTSHOORN NUUS - 'n Besoeker, Henrico van Tonder (17), was Saterdag die wenner van die 332ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 21 minute 8 sekondes.
Ulrich Rademeyer was kort op sy hakke met 'n tyd van 21 minute 25 sekondes. Estee Coetzee was die vrouewenner met haar tyd van 24 minute 29 sekondes.
Louis Trichard van Durbanville het sy 100ste parkrun met sy eerste deelname in Oudtshoorn bereik.
Die voorste tien atlete van die dag se 59 deelnemers:
- Henrico van Tonder (21:08)
- Ulrich Rademeyer (21:25)
- Jandré Bakker (23:13)
- Herman du Preez (23:48)
- Schalk Joubert (24:22)
- Estee Coetzee (24:29)
- Jakob Van Rouendal Smit (24:38)
- Paulene Engelbrecht (24:47)
- Cobus Diepraam (25:00)
- Fanie Olivier (25:20)
Parkrunners moet onthou dat die wegspringtyd verskuif is na 08:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’