OUDTSHOORN NUUS - Die Grebe-skopboksklub op Oudtshoorn het Saterdag by die De Jager-sportkompleks 'n suksesvolle 'Battle of the Karoo'-skopbokstoernooi aangebied.
Altesaam 140 skopboksers van oor die Eden-streek het aan die toernooi deelgeneem. Die klubs wat deelgeneem het was, Scorpions (George), BCI (George), Mayhem (George), SKR (Plettenbergbaai), Blanco (George), Divinus (George), DMF (George), Strydoms (Port-Elizabeth), Warriors (Jeffreysbaai), Mile High (Port Elizabeth), Tiger - Kai (Mosselbaai), Forge (Oudtshoorn) en Ranger Grebe's (Oudtshoorn).
Volgens Ranger Grebe, afrigter van Grebe-skopboksklub en gesamentlike organiseerder van die toernooi saam met die Suid-Afrikaanse sportliga, is dié toernooi deur die SA skopboksvereniging goedgekeur, en het bykans 500 toeskouers die skopboksers ondersteun.
Sowat 18 skopboksers van die Grebe-skopboksklub is opgeneem in die Eden-span wat op 30 Maart in Saldanhabaai aan die Wes-Kaapse skopbokskampioenskappe gaan deelneem.
Uit dié groep is daar 14 lede wat gekwalifiseer het vir deelname aan die SA skopbokskampioenskappe wat vanaf 26 tot 27 April op Oudtshoorn sal plaasvind.
Die skopboksers van die Grebe-skopboksklub wat medaljes die afgelope naweek by die 'Battle of the Karoo' ingepalm het. Foto verskaf
Lede van Grebe-skopboksklub wat medaljes verower het:
- Dane September- goud en silwer;
- Anando Olivier- goud (2);
- Jaco Pretorius- silwer (2);
- Samantha Minnie – silwer;
- Frikkie Pretorius - silver brons;
- Jayden Du Plessis - silver en brons;
- Connor September- brons (2);
- Simon Greeff- goud en silver;
- Antonie Badenhorst-brons;
- Logan Ellis -goud (2);
- Thomas Schafer - silver (2);
- Enrico Raadlof - silver (2);
- Caralize Kritzinger - brons;
- Wian Grebe- goud en silver;
- Divan Rademeyer - goud en silver;
- Maarten Krüger - goud en silver;
- Jenovin Fortuin - goud en silver (2);
- Jacquine Strydom - goud (2);
- Cassara - silver (2);
- Megan Grebe - goud (2);
- Michelle Minnie - goud (2);
- Mario Cassara - silwer (2);
- Louis Luyt - goud (2);
- Audan Olivier - goud (2);
- Righardt van den Berg - silver en brons;
- Divan de Wet - silwer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'